Prinses Victoria van Hesse-Darmstadt

Prinses Victoria van Hesse-Darmstad
Foto deur Alexander Bassano, c. 1878.
Gebore
Victoria Alberta Elizabeth Mathilde Maria

(1863-04-05)5 April 1863
Sterf24 September 1950 (op 87)
NasionaliteitDuits
TitelPrinses
Markiesin
EggenootPrins Ludwig van Battenberg
KindersAlice, prinses Andrew van Griekeland en Denemarke
Louise, koningin van Swede
George, 2de markies van Milford Haven
Graaf Louis Mountbatten van Birma
Ouer(s)Ludwig IV, Groothertog van Hesse
Prinses Alice van die Verenigde Koninkryk

Prinses Victoria van Hesse-Darmstad (ook Hesse en by die Ryn), later Victoria Mountbatten, die Markiesin van Milford Haven (Victoria Alberta Elisabeth Mathilde Marie; 5 April 1863 – 24 September 1950) was die oudste dogter van Ludwig IV, Groothertog van Hesse, en sy eerste vrou, prinses Alice van die Verenigde Koninkryk, ’n dogter van koningin Victoria en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha.

Haar ma is oorlede toe haar broer en susters nog jonk was en sy moes vroeg verantwoordelikheid vir haar sibbes aanvaar. Sy is met haar pa se neef, prins Ludwig van Battenberg, getroud. Hy was ’n offisier in die Britse vloot en sy het die grootste deel van haar getroude lewe in verskeie dele van Europa by haar man se vlootbasisse gewoon. Haar familie het haar beskou as liberaal, reguit, prakties en slim.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog het sy en haar man afstand van hul Duitse titels gedoen en die van Mountbatten, die Engelse weergawe van Battenberg, aangeneem. Twee van haar susters, Elisabeth en Alix, het in die Russiese adel ingetrou en het onderskeidelik groothertogin Jelizaweta Romanof en tsarina Alexandra Romanof geword. Albei is in die Russiese Rewolusie deur die Bolsjewiste vermoor.

Victoria was die ouma aan moederskant van prins Philip, Hertog van Edinburg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search